Atlete van die Atlantis Vaardigheidskool het onlangs hul eerste atletiek-oorwinning behaal.
Die skool het in die kleiner afdeling deelgeneem, waar skole volgens hul leerdersgetalle gemeet word by Paarl Jongens.
Die skool se 26 atlete het op 1 Februarie die algehele derde plek uit die sewe deelnemende skole, asook die beste gedrag op die dag-trofee verower.
Hul prestasies is Vrydag 10 Februarie met ’n verering by die skool gevier. Tydens die funksie het elkeen van die atlete ook ’n geskenk van Nashua ontvang.
Die atlete reis op Donderdag 23 Februarie na Paarl, waar hulle aan die Westelike Provinsie-proewe sal deelneem.
Skoolhoof, Curwen Cupido, het gesê die atlete voel hulle het ’n regverdige kans gekry om hul staal te toon en kon hul dus uitleef in hul prestasies.