Cynthia Clayton, voorsitter van subraad 1 en subraadbestuurder, Wessie van der Westhuizen by die veeldoelige sentrum wat eersdaags voltooi word.Foto: Murphy Roberts


“Die veeldoelige sentrum van sowat R17 miljoen by die Atlantis-duine is byna voltooi en sal net voordelig vir die plaaslike gemeenskap wees.”

Só meen rdl. Cynthia Clayton, voorsitter van subraad 1.

Clayton en subraadbestuurder, Wessie van der Westhuizen, het Weskus Nuus die nuwe gebou gaan wys en sê raadslede het die perseel 7 Maart besoek en verskeie kwessies waaronder toegangsgeld, is by ’n opvolgvergadering bespreek.

Clayton sê voorts dat informele handelaars by die ingang toegelaat sal word om hul produkte te verkoop en 20 jongmense van Atlantis sal daar werksaam wees. Volgens Van der Westhuizen was die duine in die verlede nie baie professioneel bestuur nie en omdat dit ’n internasionale toerismebate is, het die gemeenskap van Atlantis nooit baat hierby gevind nie.

Volgens Van der Westhuizen, is dit die rede waarom die Stad Kaapstad alle operasionele- en fasiliteringsaktiwiteite verander het. Hy sê die sentrum sal ’n kantoor hê waar dagpermitte gekoop kan word en die volgende dienste sal ook beskikbaar wees: Departement van omgewingsake, ’n kiosk en restaurant, konferensiesentrum en ’n saal waar troues of besigheidsvergaderings gehou kan word. Volgens Clayton is verskeie geleenthede en projekte reeds geïdentifiseer waaronder 4×4-uitstappies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025
    WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025