Die department van maatskaplike ontwikkeling is op soek na passievolle mense om op te lei as “veiligheidsouers”.
Die departement se plaaslike tak is op soek na persone om “veiligheidsouers” te wees wat veilige, tydelike huisvesting aan ’n minderjarige kind kan bied.
“Veiligheidsouers” sal slegs as ’n tydelike voog dien en kan enigtyd, dag of nag, by ’n noodgeval gevra word om vir ’n kort periode ’n veilige plek te bied.
Persone wat suksesvol is met dié keuringsproses, sal opgelei word met die nodige vaardighede. Voornemende “veiligheidsouers” moet ’n passie en liefde vir kinders hê en bereid wees om babas te versorg.
Kandidate hoef nie ’n voltydse werk te hê nie.
Kandidate moet tussen 30 en 60 jaar oud wees.
. Belangstellendes kan Luanna Sassman by die departement van maatskaplike ontwikkeling se kantoor tussen 07:30 en 16:00 besoek. Andersins bel haar by 021 572 3124/6.