Veiligheidswenke vir ouers en kinders

In die lig van twee leerders wat onlangs vermis was, het Weskus Nuus hierdie veiligheidswenke van skole vir ouers en kinders ontvang:.


In die lig van twee leerders wat onlangs vermis was, het Weskus Nuus hierdie veiligheidswenke van skole vir ouers en kinders ontvang:

. Alle leerders moet betyds by die skool wees.. Moenie alleen loop nie – maak seker jy is deel van ’n groep.. Steek die pad by veilige oorgange oor.. Leerders moet hul skooluniform by die skool dra.. Moenie met vreemdelinge kontak hê nie.. Hou by gereelde tye om ná skool by die huis te kom.. Kry ’n betroubare persoon om jou kind by die skool te kom haal as jy as ouer dit nie self kan doen nie. Dit geld ook om kinders by buitemuurse aktiwiteite te gaan haal. . Maak seker jou kind ken jou kontakbesonderhede en hul adres.. Opvoeders moet seker maak dat kleiner kinders aan die korrekte ouer/voog oorhandig word.. Ouers moet weet wie hul kinders se vriende is.

You need to be Logged In to leave a comment.