Die vyf verdagtes wat aangekla word van die moord op Malcolm Pather in Julie, het weer op Donderdag 7 Augustus in die Atlantis-landdroshof verskyn.

Stacey Lee Hector, Wade van Reenen, Igshaan Abrahams, Courtney Nortje en Kyle Francis het besluit om hul aansoek om borg te laat vaar.

Die vyf staan tereg op aanklagte van ontvoering en moord.

Pather wie se verbrande liggaam is op Maandag 14 Julie op die ou Mamre/Darling-pad naby Melkbosstrand gekry.

Daar gaan na verwagting dalk nog verdagtes in hegtenis geneem word en die Staat het ook aangedui dat daar nog klagtes bygevoeg gaan word.

Die beskuldigdes verskyn weer op 29 September.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article