Verlore ster: Hoofstuk 3

Johnny Magic droom reeds sedert sy laerskooldae van speel op Old Trafford. Sy ouers kan hom nie finansieel ondersteun nie en sy nuwe vriend, Zane ‘Gevaarlik’, kom tot sy redding om saam met die skool te gaan toer met ’n rol note. Magic het nog net op


Johnny Magic droom reeds sedert sy laerskooldae van speel op Old Trafford. Sy ouers kan hom nie finansieel ondersteun nie en sy nuwe vriend, Zane ‘Gevaarlik’, kom tot sy redding om saam met die skool te gaan toer met ’n rol note. Magic het nog net op televisie só baie geld gesien en Zane se note laat byna sy oë uitval. Magic het skielik in ’n Griekse god verander; die meisies draai al om hom en hy dra net die beste.
Aunty Maggy is diep bekommerd oor haar seun maar hy stel haar gerus dat dit slegs ’n borg is wat die nuwe klere verskaf.

Met die tyd vir die toer wat min raak, het Magic hard op sy skoolwerk probeer fokus, maar die gedagte dat hy reeds ’n klomp geld by Mr. Money gekry het, kan net nie wyk nie en laat die belowende sokkerspeler snags rondrol. Hoekom sal hy van alle mense geld sommer so uitdeel, wou Magic by homself weet, maar antwoorde was so skaars soos hoendertande.

“Yes, Yes!” groet Zane toe hulle mekaar by die skoolhek raakloop. Zane vra of Magic iemand se meisie afgevry het?

“Jy wiet mos ek het nie ’n vaste girl nie,” byt Magic amper Zane se kop af. “Sleg geslaap?” hou Zane dik, maar Magic maak of hy nie hoor nie.

“Kom ons draai om, man, ek het niks lus vir die dag nie,” sê Zane en Magic besluit daar en dan dis die beste voorstel aangesien hy nie krag het vir die skool nie.

“En waar dink jy sal ons heeldag gaan?” vra Magic terwyl hulle straat af drentel en tussen die huise verdwyn.

“My twee gunstelingsokkerspelers kom vroeg kuier,” groet Mr. Money die twee.

“Ons is nie lus vir die onnies se preke heeldag nie,” sak Zane af en plak homself in die bank neer.

“Ek het gewonder wanneer kom julle, want hier is baie werk wat julle twee moet doen,” sê Mr. Money, en gooi ’n sportsak voor die twee neer.

“Kom eers saam met my voor julle gaan, want dinge raak bietjie warm daar buite,” sê Mr. Money terwyl Magic se mond steeds oophang. Hy het nie ’n clue wat aangaan nie.

Die twee volg Paul na ’n agterste vertrek waar hy twee vuurwapens uithaal en in hul hande druk. “Julle gebruik dié net as julle moet, want hier is mos jongens wat hul luck try,” vertel Mr. Money.

Magic is steeds in die donker en hou die vuurwapen met bewende hande vas. Dit is die eerste keer wat hy ’n ‘pyp’ vashou…

Ten spyte van sy aanvanklike vrees kry Magic gou ’n liefde vir ’n vuurwapen en begin al minder aan sy skoolwerk en sokker dink.

Aunty Maggy het laat nagte met trane in haar oë gewag vir haar kind om huis toe te kom, maar Magic was min gespin. Die onnies en sy coach het agtergekom iets is nie reg nie.

Magic is net ’n skadu van homself op die sokkerveld en sy punte is slegter as iemand wat nog nooit op skool was nie.

“My bru, dis mos ’n lekka job, maar ná die sokkertoer wil ek meer fokus op my sokker,” sê Magic terwyl Gevaarlik net sy kop skud.

. In die volgende hoofstuk kry Magic ’n opdrag wat hom in ’n koue sweet laat uitslaan.

You need to be Logged In to leave a comment.