Verlore ster: Hoofstuk 4

Johnny Magic en Zane Gevaarlik is twee talentvolle sokkerspelers wat groot drome het om eendag op Old Traford sokker te speel.


Johnny Magic en Zane Gevaarlik is twee talentvolle sokkerspelers wat groot drome het om eendag op Old Traford sokker te speel.

Magic word aan een van die dorp se gevreesde leiers, Mr. Money, voorgestel wat hom die eerste keer met ’n vuurwapen laat kennis maak. Magic ontwikkel gou ’n groot liefde daarvoor. Geld is skielik nie ’n probleem nie en sy ma, Aunty Maggy, huil haarself saans aan die slaap.

Magic en Gevaarlik was twee weke laas op die oefenveld, want hulle het nou “beter dinge om te doen” – hulle sit aan die regterhand van Mr. Money.

Magic het ’n nuwe rol in die leier se besigheid en is aan die stuur van verspreiding. Hy rapporteer weekliks aan die leier wanneer ingecash word.

Aunty Maggy bars uit in trane toe sy die skoolhoof besoek, want hy vertel haar Magic was weke laas in die skool.

“Meneer,” praat sy met ’n bewerige stem, “ek weet regtig nie wat aangaan nie. Die kind kom en gaan soos hy wil en kom baie kere nie huis toe nie.”

Terwyl Aunty Maggy met krom skouers sukkel-sukkel huiswaarts keer, dink sy hoe sy haar man gaan vertel dat hul seun geskors is. Sy sokker-drome lê nou aan skrewe.

Sokker is deesdae die laaste ding waaraan Magic dink, want hy moet maniere kry om die besigheid uit te brei. Mr. Money is beïndruk met die jongman se idees, maar hy maan dat dit gevaarlik kan raak. Magic glo dit nie, Gevaarlik verduidelik die ander leiers gaan nie eenvoudig toelaat dat hulle in hul area operate nie. Mr. Money se oë glinster vir die idee, want hy sien net dollar signs en gee die groenlig.

“Ons sal later die plan bespreek, maar julle sal moet seker maak alles is reg. Ek wil nie hê die ding moet backfire na my nie,” sê Mr. Money stroef. “Jy sal vanaand die opposisie se leier in Vaal Vlei moet uithaal,” sê Mr. Money terwyl Magic oopmond na hom staar. “Hoekom is jy verbaas?! Dit was mos jou voorstel om die besigheid uit te brei?”

Magic is koud geskrik en wonder hoe hy uit die opdrag gaan kom. “Dit gaan maklik wees,” gooi Gevaarlik gou nog olie op die vuur.

“Kom, ons het baie werk ek het reeds gehoor ons target gaan vanaand sy kind se skoolkonsert bywoon. Dan kon ons dala,” verduidelik Gevaarlik.

Magic het ’n liefde vir sy pyp ontwikkel, maar of hy die moed het om iemand koelbloedig te skiet, weet hy nie. Terwyl die twee by die konsert wag, knaag Magic se senuwees. Die gun bewe in sy hand. “My bru, jy sal mos nie só kan dala nie,” sê Gevaarlik en vat die gun by Magic, maar Magic keer: “Los die tool; ek sal nou oor dit kom. Dié jong moet net uitkom dan sal jy wys raak.” Terwyl blou en rooi ligte die parkeerarea by die skool verhelder, stap die twee rustig hul hoofkwartier in asof niks gebeur het.

. In die volgende hoofstuk: Magic is gevaarliker met ’n gun in sy hand as op die sokkerveld.

You need to be Logged In to leave a comment.