Vermeende bendelid in Avondale doodgeskiet

Bendes het Dinsdag 1 November weereens gewys hulle steur hulle min aan die gemeenskap se hulpkrete.


Bendes het Dinsdag 1 November weereens gewys hulle steur hulle min aan die gemeenskap se hulpkrete.

James Jantjies (oftewel Boboy), ’n vermeende tikbaas en vermoedelike leiersfiguur van ’n bendegroep in Saxon Sea, is helder oordag in ’n gang tussen Sunweg en Rotterdamstraat, Avondale doodgeskiet.

Volgens konstabel Debbie Alard, polisiewoordvoerder, is ’n 28-jarige man op kort afstand in die maag, rug en been geskiet en het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Volgens lt. kol. Adolf Jonker, speurhoof van die Atlantis-polisie, het Jantjies met drie ander persone gestap toe hy deur ’n bekende persoon genader en geskiet is.

Jonker het bevestig die voorval is bende-verwant en het gesê twee verdagtes is ingeneem vir ondervraging en sal moontlik aangekla word nadat daar beslag gelê is op beeldmateriaal van ’n CCTV-kamera.

You need to be Logged In to leave a comment.