Verpleging ’n roeping vir hulle

In viering van Internasionale Verpleegstersdag op Sondag (12 Mei), het suster Olivia Pharo haar werkers Vrydag 10 Mei met ’n verrassings-partytjie trakteer.


In viering van Internasionale Verpleegstersdag op Sondag (12 Mei), het suster Olivia Pharo haar werkers Vrydag 10 Mei met ’n verrassings-partytjie trakteer.

Pharo, wat deesdae haar eie kliniek bedryf, sê die bederf was om hulle te bedank vir al hul harde werk en toewyding. Internasionale Verpleegstersdag word gevier ter nagedagtenis aan Florence Nightingale, wat in die vroeë 19de eeu na soldate omgesien het. Dié dag herdenk haar onbaatsugtigheid om hulle te help toe niemand anders wou nie.

Pharo het haar werkers aangemoedig om altyd pasiënte met liefde en respek te behandel. Die tema vir Internasionale Verpleegsterdag was “Body, Mind and Soul”.

Pharo het bygevoeg ’n mens moenie altyd net kyk na die uiterlike van ’n pasiënt nie, maar ook hul innerlike.

Sy meen “verpleging is nie ’n beroep nie, maar eerder ’n roeping”.

You need to be Logged In to leave a comment.