Kan vroue ook verslaaf raak?

Van Januarie tot en met Julie 2018 was 25% van ons kliënte vroue. Dit mag dalk min klink, maar die getal weerspieël waarskynlik nie die ware getal van vroue wat verslaaf is nie. Weens vrees vind vroue dit moeilik om vir hulp uit te reik. Hulle vrees wat mense sal dink aangesien heelwat persone die valse persepsie het dat verslawing ’n manlike siekte is.

Vroue word gesien as tuisteskep­pers en versorgers. Vroue wat dan van hierdie rol afwyk word negatief veroordeel. Hierdie vroue mag moontlik verwerping deur die samelewing vrees. Vroue kan dus verslaaf raak, maar is meer geneig om dit ’n geheim te hou. Dis dus moeilik om die ware getal van verslaafde vroue uit te wys.

Vroue en behandeling

Dit verg ongelooflike moed vir ’n vrou om uit te reik vir hulp. Vroue mag moontlik ook nie weet waar hul hulp en ondersteuning kan kry nie. Hulle is dalk gewoond daaraan dat hulp met verslawing slegs aan manlike persone verskaf word.

Verslaafde vroue ’n minderheids­groep

As dit kom by behandelingspro­gramme vir verslawing, is vroue gewoonlik in die minderheid. Dit maak vroue meer kwetsbaar. Byvoorbeeld, as vroue hul ervaring in ’n groep deel, mag dit hul dade soos prostitusie of ander seksuele dade wat met hul aktiewe gebruik gepaardgaan in die groep, waar gewoonlik net mans is, bekendmaak. Hulle mag dalk bang voel om die volle waarheid te praat. Dit beteken dat hulle nie hul behandeling ten volle kan benut nie.

Die invloed wat verslawing op vroue het

Verslaafdes wat steeds aktief is, is geneig om hul verslawing eerste prioriteit te maak. Dit beteken dat vroue kan afwyk van hul tradisionele rol as versorger deur die versorger en beskerming van hul gesin tweede te plaas en die gebruik van die middels eerste te stel. Dit kan moontlik lei tot die verbrokkeling van hul gesin; kinders kan deur die welsyn verwyder word. Dié vroue stel hulself ook bloot aan seksuele uitbuiting. Derhalwe seksuele mishandeling kan hulle ook blootgestel word aan ander vorme van mishandeling soos fisieke geweld. Weens die verslawing sal vroue ook minder geneig wees om seksuele of fisieke geweld by die polisie aan te meld.

Watter dienste lewer Cape Town Drug Counselling Centre in Atlantis aan vroue? Ons is sensitief vir die behoeftes van vroue. Daar is vroulike beraders wat omgee en luister na die unieke behoeftes wat elke vrou ervaar. By ons sal jy nie met respek behandel word.


. Die organisasie nooi alle vroue wat sukkel met verslawing om hul kantoor te skakel by 021 571 7180 of besoek hulle by die Drostdy-sentrum (oorkant die hof).

You need to be Logged In to leave a comment.