Kan verslawing tot haweloosheid lei?

Dit is vroegoggend in Junie. Die yskoue wind sny deur jou warm baadjie. Jy trek jou mussie stywer oor jou ore soos die eerste druppels winterreën begin val. Uit die hoek van jou oog sien jy hom, maar jy probeer hom ignoreer. Jou hart is kouer as die wintersoggend. Met ’n bedroefde gemoed loop jy vinnig weg, voordat hy jou kan nader. Moede­loos, ontduik jy sy geroep, “Asseblief, net ’n paar sente?”

Hierdie scenario klink dalk baie bekend.

Orals waar jy gaan, is daar iemand wat swaarkry. Wanneer jy, jouself toelaat om dit raak te sien, is haweloosheid ’n alledaagse en ongelukkig ’n toenemende verskynsel.

Dit is moeilik om te sien hoe ander mense swaarkry. Daarom is dit menslik om dit te ignoreer. Soms al probeer ’n mens hoe hard, kan jy dit nie ignoreer nie. Gaan jy winkel toe, dan sien jy iemand wat swaarkry, stop jy by die verkeerslig, dan staan daar ’n honger persoon by jou motorvenster. Dit los ’n skuldige gevoel in ’n mense se binneste.

Soms as jy die persoon ignoreer, dan vererger hierdie gevoel, want hoe kan jy iemand ignoreer wat swaarkry. Hy of sy is ’n mens net soos jy.

Jy vra jouself ook af of dit help om geld te gee of vererger dit nie net dalk die persoon se huidige probleem van moontlike verslawing nie. Dit is maklik om in hierdie tweestryd vas te val van gee of nie gee nie.


Verdere inligting oor verslawing:

Hier volg inligting oor verslawing wat jou moontlik kan help om die besluit te neem:
. Verslawing is ’n terminale siekte. Wanneer verslawing nie behandel word nie, kan dit terminaal wees. Soos met ander terminale siektes, kan verslawing soms tot die dood lei, maar nie altyd nie.
. Verslawing as ’n siekte, kan ook tot ander probleme lei, nie net die dood nie. Die verslawing kan lei tot die tronk, ’n instelling soos ’n rehabilitasiesentrum of die dood.
.
Haweloosheid kan ’n gevolg van verslawing wees. Dit behels die verlies van jou woonplek, besittings en gesinsondersteuning insluitende ander basiese behoeftes soos gereelde maaltye.

In die volgende uitgawe praat ons van hoe is haweloosheid en verslawing vergelykbaar met mekaar?

.
Janet Smit is ’n maatskaplike werker by Cape Town Drug Counselling Centre

You need to be Logged In to leave a comment.