Die herstelproses sonder ondersteuning:
Sommige mense verkies om ’n behandelingsprogram sonder die steun van familie en vriende te benader.
Dit is egter gevaarlik en kon tot die volgende slaggate lei:. Dit hou die deur vir verdere dwelmgebruik oop aangesien die verslaafde nie deur enigiemand aanspreeklik gehou word nie.. Die verslaafde kan dan net op sy of haar eie wilskrag staatmaak, wat tot ’n terugval kan lei. . Die herstelproses gaan oor meer as net om op te hou om middels te gebruik. . Die kern van die siekte verslawing is die onvermoë om die gebruik van middels te beheer. Verslaafdes moet hul herstelproses bestuur deur hul leefstyl te verander. Dit is egter baie moeilik, maar kan aansienlik deur die steun van familie en vriende vergemaklik word.. Isolasie: Wanneer verslaafdes slegs met ander gebruikers sosialiseer, kan hulle voel asof almal dwelms gebruik. Familie se betrokkenheid daag hierdie en ander gedrag van die verslaafde uit.. Geheime: Oneerlikheid kom algemeen in aktiewe gebruik voor. Dit maak dit makliker vir die verslaafde om aan te hou gebruik. Vertroue in die gesin word verbreek. Die verslaafde kan baie skaam voel, wat dit vir hom of haar moeiliker kan maak om eerlik met familielede te wees. Wanneer geheime bestaan, bly die deur vir die verslaafde oop om met sy of haar gebruik voort te gaan.
Die herstelproses met ondersteuning:
Wanneer iemand die keuse maak om hul familie en vriende by hul behandeling te betrek, kan dit baie voordele inhou. Dit sluit in:. Aanspreeklikheid: Die verslaafde is nou teenoor geliefdes verantwoordelik en aanspreeklik. Dit beteken hulle het nie meer die keuse om te gebruik nie. Hul familie moet direk betrokke wees, familiesessies bywoon en dwelmtoetse doen. . Hulp met leefstylveranderinge: Die herstelproses vereis dat die verslaafde sy of haar gedrag en vriende moet verander. Die familie kan die verslaafde help om dwelmmiddels en alkohol te vermy. Hulle kan ook help om emosies om ’n doeltreffende manier te bestuur deur ondersteuning te bied.. Ondersteuningsgroepe: Die familie is ’n belangrike bron van ondersteuning, maar soms het die verslaafde nie (meer) kontak met sy of haar familie nie. ’n Verdere bron van ondersteuning is groepe soos Narcotics Anonymous, wat ’n verdere en baie belangrike rol speel.. Om eerlik te leef: Vertroue word deur aktiewe verslawing verbreek, en in die herstelproses moet die familie saamwerk om die vertroue te herstel. Een manier om dit te doen is om gereelde dwelmtoetse te doen. Eerlikheid breek gevoelens van skaamte en waardeloosheid af, wat die verslaafde in die herstelproses help om skoon te bly en eerlik te wees.. Kontak die Cape Town Drug Counselling Centre by 021 571 7180 vir nog inligting.