In my lewe het ek geleer dat sekere onderwerpe heeltemal taboe is.
Een van hierdie onderwerpe is dwelmmiddels en meer spesifiek verslawing. Ek was dus geensins verras toe ek leer dat ’n groot deel van verslawing leuens, geheime en manupilering behels nie. Hierdie leuens kan so diep gewortel in verslawing wees dat dit meer as die verslaafde raak.
Leuns soos, “my probleem is nie so erg nie, ek drink net alkohol”, “dis tog wettig, so ek doen niks verkeerd nie” of “ek rook net dagga – dis darem nie so erg soos ander dwelms nie”.
Hierdie leuns is ’n vorm van ontkenning en kan die persoon in verslawing vasgevang hou. Soms glo familielede ook hierdie leuens, omdat dit moeilik en seer is om die waarheid in die oë te staar.
Families sal ook leuens vertel en geheime hou, om die verslaafde persoon te beskerm maar hierdie leuns dra ook by om die persoon in verlawing vasgevang te hou.
Dit kan vreemd en verkeerd voel om openlik oor verslawing te praat, maar geheime en leuens hou ’n persoon siek. Dit is soms nodig dat ’n verslaafde persoon die gevolge van hom/haar dade ervaar, sodat hy/sy die erns van verslawing kan verstaan. Ek sê weer, stilte hou jou siek. Dit is tyd om te praat. En net miskien deur hierdie stilte te verbreek kan families die greep wat verslawing op hul lewens het, verslap. – Janet Smit (maatskaplike werker by CTDCC).
- Kontak CTDCC Atlantis by 021 571 7180, stuur ’n epos na: atlantis@drugcentre.org.za of www.drugcentre.org.za of besoek hul kantore by Drosdy-sentrum (oorkant die hof).