Vervolgverhaal: Verlore ster, hoofstuk 6

Johnny Magic en Zane Gevaarlik is twee talentvolle sokkerspelers wat groot drome het om eendag op Old Trafford sokker te speel.


Johnny Magic en Zane Gevaarlik is twee talentvolle sokkerspelers wat groot drome het om eendag op Old Trafford sokker te speel.

Magic word aan een van die dorp se gevreesde leiers, Mr. Money, voorgestel en dié laat Magic die eerste keer kennis maak met ’n vuurwapen, waarvoor Magic ’n liefde ontwikkel.

Geld is skielik nie ’n probleem vir Magic nie.

Sy ouers, Aunty Maggy en Oom Zaal, lewe soos kluisenaars omdat hulle te bang is om ’n voet buite te sit.

Magic word op die moordtoneel van Dimpels deur ’n buurvrou herken.

Lees nou verder.

Kaptein Vonnie sit en vryf sy stoppelbaard terwyl hy na die dossier van Dimpels se moord kyk en lees die koerantuitknipsel oor en oor.

Hier is beslis iets nie reg nie, dink hy hardop. Wie is die Magic-mannetjie, hoekom het ek nog niks van hom gehoor nie en vir wie werk hy, wonder kapt. Vonnie. Mr. Money en sy twee luitenante, Magic en Gevaarlik, is in ’n diep gesprek oor die sukses van die vorige aand se hit. “Manne, die Boere het nie ’n clue wat in die dorp aangaan nie. Hulle moet ophou geld en dop soek en meer op hul werk fokus, maar ja, wat sal ek worry, dis lekker om te lewe.”

Kapt. Vonnie en sy span is besig om die leidrade op te volg, maar sê eers niks oor die inligting wat hy het nie.

“Ek sal eers moet uitfigure hoe die legkaart inmekaar pas,” sê hy vir homself.

Dit gaan niks help as hy die verdagte inbring en nie weet hoe dit inmekaar pas nie.

Die aand bel Vonnie ’n oud-kollega wat heelwat sukses met sulke sake behaal het en verduidelik die situasie.

Flip, wat nie meer lus het vir bendesake nie, hou hom maar deesdae met kleiner sake besig.

Hy het sy fair share of fame gehad in sy dae by organised crime. “Ek sal môre deurry na jou toe en die docket bietjie study, dan werk ons aan ’n plan van aksie,” groet Flip en sit die telefoon neer.

Vonnie se mond hang oop soos Flip verduidelik.

“Jy sien, kollega, die bendebase gebruik jong laaities om hul vuilwerk te doen.

“Ek het ’n vermoede dat Mr. Money dalk hier betrokke kan wees aangesien Dimpels sy territory betree het.”

Vonnie gooi die koerantuitknipsel voor Flip en verduidelik dat die buurvrou die mannetjie gesien praat het met Dimpels sekondes voor die skote geklap het.

Flip maak ’n oproep na sy baas en verduidelik dat hy ’n paar dae nie op kantoor sal wees nie, en sit die foon vinnig neer.

“Kollega, ons sal versigtig te werke moet gaan en die plan is om die groot vis in te katrol,” sê Flip.

“Wat is die plan?” vra Vonnie.

“Vra jou manne om die mannetjie se bewegings dop te hou, maar hulle moet nie met sy ouers praat nie, asseblief. Ons twee sal dit self moet doen.”

Magic voel ’n koue rilling agter sy ruggraat toe hy hoor Vonnie en Flip het met Aunty Maggy na die polisiekantoor gery… Mevrou, u seun is in groot moeilikheid en ek wil julle graag help, maar dan sal u mý moet help,” sê Flip.

Wat het die kind gemaak, wil sy weet.

“Ek het geweet daai no good Mr. Money is besig om die kind se lewe te verwoes.”

Die twee speurders se oë rek toe hulle die naam hoor.

Ons is beslis op die regte spoor, knik die twee vir mekaar.

“Mevrou, u seun mag dalk verskeie moorde gepleeg het en ons wil dringend met hom praat. Ek wil hê u moet ons laat weet as hy by die huis is, want glo my, soos ons hom soek, is daar ook vyande daar buite wat sy bloed soek.”

“Hy kom nie juis meer by die huis nie, maar ek sal hom vra om te kom,” sê Aunty Maggy.

Die aand toe Magic onrustig sy ouerhuis binnestap, bars Aunty Maggy in trane uit toe die twee speurders die deur agter hom toemaak.

Magic, wat stom rondom hom staar omdat sy ma hom uitgelewer het, weet hy het nowhere to go en steek sy hande uit na die speurders om weggelei te word. “Ek doen dit omdat ek lief is vir jou, my kind, ek hoop jy sal eendag verstaan.”

Gaan Magic die speurder se aanbod aanvaar? Of gaan hy alleen tronk toe?

You need to be Logged In to leave a comment.