Vier vandag in hof ná onlangse moord

Goeie speurwerk deur die speurder Dean Adams van die Atlantis-polisie en die samewerking van die plaaslike gemeenskap het op 4 November tot die inhegtenisneming van vier moordverdagtes gelei.


Goeie speurwerk deur die speurder Dean Adams van die Atlantis-polisie en die samewerking van die plaaslike gemeenskap het op 4 November tot die inhegtenisneming van vier moordverdagtes gelei.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is die verdagtes almal van Robinvale.

Volgens Munro het die vier, wat onderskeidelik 16, 18, 18 en 26 jaar oud is, op 7 November in die Atlantis-landdroshof verskyn, waar borgtog teengestaan is.

Die vier word in Malmesbury en die Pollsmoor-gevangenis aangehou in verband met die dood van Charlton Parsons, wat op 3 Oktober in Lantanastraat doodgeskiet is.

Enigeen met meer inligting oor Parsons se dood word gevra om Adams by 021 571 8537 te kontak of die Misdaad Stop-nommer 08600 10111 te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Die verdagtes sal vandag (Dinsdag 15 November) weer in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.