Vlieë pla steeds weens onwettige storting langs huis in Mamre

Ek is ’n 71-jarige inwoner van Mamre wat hoogs ontevrede is oor die onwettige storting wat langs my woning plaasvind.


Ek is ’n 71-jarige inwoner van Mamre wat hoogs ontevrede is oor die onwettige storting wat langs my woning plaasvind.

Die Stad Kaapstad het ’n kennisgewingbord op die oop stuk veld neergesit om inwoners in te lig om nie hulle vullis daar te gooi nie, maar hulle steur hulle nie daaraan nie.

Ek is gefrustreerd omdat die hoop vullis vlieë lok en dit raak ’n hindernis vir my en my gesin. My seuntjie is agt jaar oud en dit is ’n groot gesondheidsrisiko vir hom.

Ek is ook ’n diabeet wat ’n dringende beroep wil doen op Mamre- inwoners om asseblief op te hou om hulle vullis daar rond te strooi en ek vra dat die Stad Kaapstad meer sal doen om die onwettige storting te bekamp. Ek het my wyksraadslid Cynthia Clayton hieroor ingelig asook die gesondheidsinspekteur, maar nog niks het daarvan gekom nie.

Raad-op bejaarde,

Mamre

Hier volg die kommentaar van wyksraadslid, Cynthia Clayton: Ons het ’n tydjie gelede opgevolg met die klaagster en het opgemerk dat mense daar stort, sy het ook gekla van ’n spesifieke winkeleienaar. Ek het met mense in die straat gepraat en op daardie oomblik was daar geen storting nie. ’n Tweede ondersoek is op 24 November gedoen en daar was geen storting in sig nie. Daar was egter algehele vullis in die straat, wat toe later skoongemaak is. Volgens die terugvoering van die amptenare was daar ook skoonmakers in die omtes wat bevestig het, die gebied word gereeld skoongemaak.

You need to be Logged In to leave a comment.