Vriendskaplike wedstryde sorg vir groot opwinding voor seisoen begin

Hamlets-rugbyklub het Saterdag 4 Maart teen Darling in ’n vriendskaplike wedstryd gewys waarom hulle die presidentsbekerkampioene is.


Hamlets-rugbyklub het Saterdag 4 Maart teen Darling in ’n vriendskaplike wedstryd gewys waarom hulle die presidentsbekerkampioene is.

Alhoewel die Mamriete die wedstryd verloor het op Darling se tuisveld, het hulle die karaktertoets geslaag. Die tuisspan, met die voormalige Leeus- en Blitzbokspeler, Earl Lewis, aan die spits, het vinnig Hamlets se swak verdediging in die middelveld uitgebuit en Lewis het drie keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier.

Gavin Passens, Hamlets-afrigter, moes noodgedwonge posisionele veranderings aanbring in ’n redelike jong span omdat heelwat van sy staatmakers nog met beserings sukkel.

Darling het in ’n stadium met 40-12 voorgeloop en teen rustyd was die telling 40-26. Hamlets se voorspelers het as ’n eenheid begin saamspeel en die agterlyn se verdediging was rotsvas, veral die nuwe senterpaar van Steve Adams en Udene van der Merwe.

  • Hamlets het die tweede helfte oorheers en Darling het meer foute gemaak, wat die besoekers in punte omskep het terwyl die melkboere net 5 punte in die tweede helfte kon aanteken. Darling het vasgebyt en die wedstryd met 45-38 gewen. Mamre-rugbyklub het Saterdag 4 Maart sy voorbereiding vir die seisoen op ’n wennoot afgesluit toe hulle die span van Kalbaskraal op laasgenoemde se tuisveld geklop het. Mamre, wat met ’n jeugdige span pronk, het Coronations met 24-22 ore aangesit. Mamre het afgelope Saterdag ’n loslootjie gehad en pak volgende week vir St. Helenabaai op hul tuisveld. )Atlantis-rugbyklub het na ’n swak begin ook sy voete gevind in hul voorbereiding vir die seisoen. Die tuisspan het ná twee nederlae die span van Manenberg Rangers met 21-14 geklop op die Protea Park-sportveld. Die besoekers, wat Atlantis vir die eerste 40 minute in ’n wurggreep gehad het, het gaan water drink met die telling 7-0 in hul guns. Atlantis het na rustyd na ’n hoër rat oorgeskakel en gewys wat in hulle steek. Atlantis het met 21-14 gewen.

.Hamlets het Atlantis Saterdag 11 Maart op Protea Park-sportveld met 44-12 geklop. Die span speel Saterdag 18 Maart teen Primrose in nog ’n vriend-skaplike wedstryd. Die amptelike program begin op 8 April teen Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.