Fadlan Dryer saam met die groep tuisversorgers wat die eerste deel van hul kursus voltooi het.Foto: Clement Trussell


Die JE Health Academy van Eersterivier is tans besig om 16 plaaslike vroue van Atlantis te bemagtig om tuisversorgers te word.

Volgens Fadlan Dryer duur die program ’n maand en is dit basies ’n teoriekursus.

Die 16 vroue moet nou hul praktiese opleiding van 200 ure voltooi. Dié diens moet by ’n hospitaal, ouetehuis of aftreeoord gedoen word.

Dreyer, die assistentfasiliteerder van die akademie, sê dit is die vierde groep wat opgelei word met nog geleenthede wat binnekort in Atlantis beskikbaar sal wees.

Die volgende kursus begin Sondag 12 Mei in Chatsworth.

Belangstellendes kan Dreyer by 079 640 8051 met enige navrae skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025
    WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025