Vroue voel oor die hele Atlantis heen spesiaal dié dag

Die vroue van die Morawiese kerk in wyk 5 het uit hulle pad gegaan om vroue spesiaal te laat voel op Vrouedag.


Die vroue van die Morawiese kerk in wyk 5 het uit hulle pad gegaan om vroue spesiaal te laat voel op Vrouedag.

Meer as ’n 100 vroue is genooi om ’n driegangmaaltyd te geniet en na spesiale gassprekers te kom luister wat onder meer die voorsitter van subraad 1, Cynthia Clayton, ingesluit het.

Die tema van die dag was om vroue geestelik te verryk en te bemagtig vir enige uitdaging wat die lewe vir hulle sal inhou. Die dag was ook ’n geldinsamelingsprojek vir die kerk se basaar wat later die jaar gaan plaasvind.

Elke vrou was geïnspireer deur die gassprekers – Melita Adams wat hulle meer vertel het van haar verslawing aan dwelms en Joy van der Heever wat hulle weggevoer het met hoe sy kanker oorleef het.
. Melkbosstrand-polisie en die Atlantis Thuthuzela-sentrum het by die Holy Power Ministry’s kerk vroue spesiaal laat voel met ontspannende, pedikure, manikure en masserings terwyl ’n geestelike danser hulle vermaak het. Gasspreker konst. Debbie Alard van Melkbosstrand-polisie het oor gesinsgeweld gepraat en haar persoonlike ondervinding oor gesinsgeweld met die vroue gedeel. Anita Joseph het op haar beurt haar ervaring met borskanker gedeel en het ook die vroue bewus gemaak van hoe om kanker te voorkom.

Die gaste het almal geskenkpakkies ontvang. Sharlene Alberts van die Thuthuzela-sentrum het ook gepraat oor die rol van die sentrum in die gemeenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.