Vyf trek los op leerders

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle ná skool Woensdag (24 Januarie) op leerders van Atlantis Sekondêr losgebrand het. Volgens skoolhoof, Charles Marthinussen, weet hy nog nie presies wat gebeur het nie, maar het bevestig dat ’n gr. 8-leerder g


Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle ná skool Woensdag (24 Januarie) op leerders van Atlantis Sekondêr losgebrand het. Volgens skoolhoof, Charles Marthinussen, weet hy nog nie presies wat gebeur het nie, maar het bevestig dat ’n gr. 8-leerder gewond is. Leerders wat nog op hul busse gewag het, het almal na die kantoor gevlug vir skuiling. Vinnige optrede deur die polisie het verseker dat drie mans kort na die voorval in hegtenis geneem is, nog twee verdagtes is Woensdag vasgetrek.

You need to be Logged In to leave a comment.