Kansa Relay for Life het R90 000 ingesamel vir kanker.
Organiseerders van die vyfde Kansa relay for Life, wat op 29 en 30 Oktober plaasgevind het, MAP, sê dit was ’n reuse sukses.
“Ons het ’n doel gestel om R90 000 te bereik en ons het dit gedoen,” sê Chad Abrahams, een van die organiseerders van die relay.
Altesaam 41 spanne het die 12-uurlange staptog om die Wesfleurpark-atletiekbaan regdeur die nag aangepak vir liefdadigheid.
Chad sê voorts, daar was goeie ondersteuning van die gemeenskap en borge.
“Ons is dankbaar vir borge soos die Stad Kaapstad, Pres Less, WJK Rugby Coaching Consultancy, Cup ’n Cake en die menige plaaslike organisasies en skole wat die relay ondersteun het”.
- Gaan gerus na www.Netwerk24.com/Weskusnuus om meer foto’s te sien.