Muriel Delaine Simpson: Waarom is daar nie ’n bus van Mamre af nie? Moet ons mense nou eers tot in Atlantis gaan of is daar dalk ’n busstop langs die pad vir Mamre mense?
Ismail Daniels: Kan jy opklim by die Silwerstroom-busstop in Mamre en wat van ’n tydelike een by Paradiselaan, soos jy uitkom by Mamre?
Marilyn Samuels: Ja, ek dink daar moet voorsiening gemaak word vir Mamre, Pella en Atlantis. Dit sal dan vir almal baat wat nie vervoer het nie. Kom die bus in Mamre, dan ry die drywer verby die mense, want die bus is te vol.
Benita Nita Trout: Waarom moet Mamre en Pella se mense in Atlantis opklim om ’n sitplek te kry dis nou te sê as jy plek kry. Hulle vergeet hoe dit lyk as die busse gratis is, dan is dit stampvol en Silwerstroom toe is bult af met so ’n vol bus gaan dit nie werk nie. Elke plek kon ’n bus van hul eie gehad het en die tye kan ook beter aangepas word.
Marina Bowers: Die busse is weer nie goed beplan en uitgedink nie. Kan sien dit was weer net een mens se idee. Twee of meer koppe is beter as een, raadslede.
Charlyn Davids: The bus should set out every two hours and stop on its way to Silverstream. It is a great idea. Thank you, Fiona Abrahams, for all your effort!
Roxanne Ashton: The bus doesn’t even stop here at the farms on the way to the beach. Well, what about those people who prefer to take the bus?
Anna Isaacs: Kan dit elke uur ry? Hoe laat is die laaste bus huis toe? Kry tydelike drywers as julle kort.
Leserkommentaar op Weskus Nuus se Facebookblad (www.fb.com/Weskusnuus) lui: