Water kniehalter steeds rugbyliga

Die Boland-rugbyligas kom weer in die soeklig en ten spyte van die voortslepende droogte het spanne gehoop die ligaseisoen sal uiteindelik begin.


Die Boland-rugbyligas kom weer in die soeklig en ten spyte van die voortslepende droogte het spanne gehoop die ligaseisoen sal uiteindelik begin.

Dit kom nadat die Langeberg- en Drakenstein-munisipaliteit onlangs die groen lig aan hul plaaslike rugbyklubs gegee het om wedstryde op munisipale velde te speel.

Ivan Pekeur, president van die Boland-rugbyunie (BRU), het 10 April in ’n skrywe aan die unie se klubs meegedeel dat ligaverplig­tinge moontlik Saterdag 21 April kan afskop.

Die Saldanhabaai-munisipaliteit het egter die spanne se wind uit hul seile gehaal toe die munisipa­liteit aankondig dat die streek se velde nie gebruik sal kan word nie.

By ’n vergadering met die BRU vandeesmaand, het die munisipaliteit laat weet geen wedstryde sal voor einde April op sy velde gespeel mag word nie, omdat waterbesparing ’n groot uitdaging in die gebied is.

Dié munisipaliteit is tans op vlak 6B-waterbeperkings.

Spanne in die streek sal self chemiese toilette moet huur wat hulle glo R3 290 per wedstryd uit die sak sal jaag.

Die BRU het reeds aangedui daar is eenvoudig nie geld om klubs by te staan nie.

Die Saldanhabaai-munisipaliteit het egter gesê hy sal na die begroting kyk om klubs by te staan.

Vergaderings tussen die BRU en die munisipaliteit sal aan die einde van die maand hervat word om die watersituasie verder te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.