Wenners ‘kan wêreld verander’

Weskus Nuus en SuperSport het Donderdag 23 November hulle tweede Let’s Play-prysuitdeling by die Tosi Oso-restaurant in Mamre gehou.


Weskus Nuus en SuperSport het Donderdag 23 November hulle tweede Let’s Play-prysuitdeling by die Tosi Oso-restaurant in Mamre gehou.

Vanjaar het Weskus Nuus nege atlete van Saxonsea Primêr, Wesfleur Primêr, Mamre Primêr, Pella Morawies Primêr, Kerria Primêr, Hoërskool Proteus en Hoërskool Robinvale vereer.

Die gasspreker van die aand was die Mamriet, dr. Wilbur Kraak, tans ’n dosent by Universiteit Stellenbosch se departement sportwetenskap.

Kraak het ’n bekende aanhaling deur oudpresident Nelson Mandela as kern van sy toespraak gebruik: “Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Sport can create hope where once there was only despair.

Weskus Nuus se Let’s Play-finaliste was: Shaniel Williams (12), Wenstley Merkuur (17), Chloe en Jamey-Lee Fisher, Dwayne Minnies, Ulrich Claassen (10), Daiman Titus (13), Tamia Arendse (13) en Liam Adonis (13).

Dwayne Minnies van Saxonsea Primêr het vanjaar met die louere weggestap. Dié gr. 6-leerder is die land se voorste 80 m- en 100 m-naelloopatleet in sy ouderdomsgroep. Hy is ook deel van die Wes-Kaapaflosspan, wat ook goud gewen het by die SA kampioenskap vir laerskole, wat in Maart in Potchefstroom gehou is.

Hy het geskiedenis gemaak deur die eerste Atlantis-atleet te word wat drie goue medaljes by ’n nasionale byeenkoms te verower en is trots op die feit dat hy vanjaar in al die byeenkomste eerste gekom het. Hy is ook ’n kranige rugby- en sokkerspeler en het vanjaar die Westelike Provinsiespan in rugby gehaal. Hy het ook meer as 30 drieë die seisoen vir sy skool se o. 11-span gedruk.

“Al die atlete het besonderse prestasies behaal en dit was uiters moeilik om net een wenner te kies,” het Weskus Nuus se uitgewer, Aletta Ellis gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.