Wie is Weskus Nuus se volgende Let’s Play-wenner?

Skole moenie vergeet om hul sportpresteerders te benoem vir die Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-sportster van die jaar nie.


Skole moenie vergeet om hul sportpresteerders te benoem vir die Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-sportster van die jaar nie.

’n Nuwe jaar beteken nuwe pryse is op die spel.

Dié kompetisie, reeds ’n nou ’n jaarlikse instelling in die dorp en gee erkenning aan skoolgaande kinders wat in sport uitblink.

Ons nooi skole, sportklubs en organisasies in Weskus Nuus se verspreidingsgebied, om hul jong presteerders te benoem. Daar sal maandeliks ’n wenner aangekondig word en aan die einde van die jaar sal die algehele wenner oudergewoonte aangewys word.

SuperSport, wat die program saam met Weskus Nuus aanbied, neem die prysuitdeling op om dan op nasionale televisie te beeldsaai.

Maandelikse wenners ontvang ’n spesiale SuperSport Let’s Play-geskenkpak. Hulle word ook ingeskryf vir die laaste ronde aan die einde van die jaar. Skakel 021 572 9090 vir meer inligting of stuur ’n epos na: murphy.roberts@media24.com

You need to be Logged In to leave a comment.