Hamlets het verlede naweek ’n groot pakslae op hul tuisveld gekry.
Tydens die Westelike Provinsie Superliga B-wedstryd 17 Junie, het die besoekers Franschhoek, die tuisspan, met 44-17 gewen.
Hamlets het goed gelyk in die eerste drie minute van die wedstryd, maar daarna het Franschhoek die volgende 37 minute totaal oorheers en vyf drieë gedruk in die eerste helfte, hul skopper kon egter nie met een doelskop slaag nie. Glyn Carelse het Hamlets se enigste punte in die eerste helfte aangeteken.
Dit was opvallend dat die besoekers dieselfde spelpatroon as die Geeltruie gespeel het en mens sou dink Hamlets sal oorgaan na plan B.
Strafskoppe binne trefafstand was ook op ’n skinkbord aan die tuisspan gegee, maar hulle het net besluit om te probeer om oor die doellyn te gaan.
Die eerste 20 minute van die tweede helfte het aan Hamlets behoort en Eudene van der Merwe en Isaac Davids het elk ’n drie behaal. Babatjie van Niekerk het met een doelskop geslaag. Beide spanne was ook ’n strafskop toegedien.
Franschhoek se laaste drie het die wind uit Hamlets se seile geslaan en daarna het hulle weer die spel beheer. Ter versagting moet ’n mens noem dat Hamlets ietwat verswak was met sleutelspelers wat beseer is en spelers wat uit posisie speel.
S
Die spelers sal moet hard werk vir hulle wegwedstryd 1 Julie teen Young Peoples in Paarl.
- Mamre-rugbyklub het nou sy tweede agtereenvolgende oorwinning geproe in die tweede ronde van die Boland Swartweskus-grootuitdaagreeks. Die span het Velddrif verlede Saterdag 17 Junie op Mamre met 49-18 verslaan en hul eerste ronde stryd teen die vissermanne gewreek.
Garth Leideman se span het van die eerste minuut hul stemme dik gemaak en was tot aan die einde in beheer van die wedstryd. Hulle het met absolute hardloopspel die span van Velddrif deurmekaar gehardloop. Die skeidsregter het selfs ’n enkelbesering opgedoen en moes deur die kantman vervang word teen die einde van die eerste helfte.
Teen halftyd was Mamre reeds met 24-11 voor. Die groot held was Duwayne Cupido wat ’n drie, vyf doele en drie strafskoppe (24 punte) aangeteken het. Brad Prins (2), Steve Adams (2) en Charl Daniels was die ander manne wat vir die Groentruie agter die pale gaan kuier het. Saterdag speel hulle teen weg Wesbank.
.Saterdag 24 Junie, het Mamre met ’n reusetelling teen Wesbank op Malmesbury verloor.
Rustyd was hulle reeds met 23-42 agter en die eindtelling was 23-77. Edwil Okkers en Duwayne Cupido het vir Mamre gedruk. Cupido het ook twee doelskoppe en drie strafskoppe oorgeklits. Hulle tweede en derde spanne het ook met 31-12 verloor en met 15-6 onderskeidelik.
S
Saterdag 1 Julie kom die gevaarlike Saldanha besoek aflê op Mamre.
Mamre sal veral hulle verdediging en slordige lynstaanwerk moet opknap as hulle die Baaienaars, wat onder die voorbokke op die punteleer lê, wil tem.
- Young Hearts van Pella Young Hearts se besluit om sleutelspers nie op hulle beste plekke te speel nie en as reserwes te gebruik, het Saterdag 24 Junie lelik geboemarang.
Hulle het Piketberg (Rhinos) aangevat, op Pella, in ’n Boland Swartweskus-wedstryd. Die Rhinos het hulle met 26-22 gewen.
Kirwin Snell het in die eerste helfte ’n strafdoel oorgeskop en die span van Pella was halftyd met 13-3 agter. In die tweede helfte het Young Hearts skitterend gespeel en was op ’n stadium 20-3 agter, danksy drieë deur Jade Solomons, Lucian Marcello en Anthony Williams. Snell en Solomoms het twee van die drieë verdoel. Die tweede span van Young Hearts het met 20-14 gewen. Pella is nie Saterdag in aksie nie en reis 8 Julie na Hopefield.
- Atlantis speel eers 8 Julie weg teen Young Brothers op Gugulethu. Na ’n swak en ongelukkige begin, is die manne hard aan die werk en oefen om onder die top twee van die Westelike Provinsie Suidelike Liga te eindig.