Winkel weet nie van goeie kliëntediens

Hiermee wil ek my ongelukkigheid uitspreek oor die manier hoe die eienaar van ’n bekende handelaar ons mense en ook vir my in die gemeenskap behandel. Elke keer as ek gaan hoender koop het hy baie lelike maniere teenoor die kliënte daar binne geopenb


Hiermee wil ek my ongelukkigheid uitspreek oor die manier hoe die eienaar van ’n bekende handelaar ons mense en ook vir my in die gemeenskap behandel. Elke keer as ek gaan hoender koop het hy baie lelike maniere teenoor die kliënte daar binne geopenbaar.

Menige tye as ek in die winkel stap het hy my (en ander) in die gesig gekyk en nie eens gegroet nie. Ek wou eendag gaan hoender koop. Hy het my sien aankom, die oomblik toe ek wou ingaan het hy die deur in my gesig toegeklap.

Ek het so sleg gevoel en gedink, hoe kan ’n besigheidsman so optree? Hy is afhanklik daarvan dat ons sy besigheid ondersteun. Op ’n ander dag terwyl ek in die winkel was, het hy ook die deur in ’n ander kliënt se gesig toe geklap, asof dit niks is nie.

Dit het ’n paar ’n minute voor toemaaktyd gebeur. Indien hy nie sy maniere wil verander teenoor ons gemeenskap nie, moet hy sy winkel toemaak en kyk waar hy ondersteun sal word.

Ongelukkig,

Atlantis

Die eienaar van die onderneming het verkies om nie kommentaar te lewer op die brief nie. – Red.

You need to be Logged In to leave a comment.