Woeker met jou talente en wen R10 000 met video

Afrikaans.com nooi hoërskoolleerders om in plaas van tone en tande te tel, dié wintervakansie eerder met hul talente te woeker en aan ’n video-kompetisie deel te neem. Daar is R10 000 op die spel.


Afrikaans.com nooi hoërskoolleerders om in plaas van tone en tande te tel, dié wintervakansie eerder met hul talente te woeker en aan ’n video-kompetisie deel te neem. Daar is R10 000 op die spel.

Die #droomgroot17-kompetisie vir graad 8-12-leerders begin Saterdag 1 Julie en sluit af Saterdag 30 September.

Leerders kan met die hutsmerk droomgroot17 (Facebook, Instagram en Twitter) deelneem deur ’n video te maak waarin hulle in Afrikaans op ’n skeppende manier met hul talente spog. Die video moet dan op sosiale media gelaai word. Afrikaans.com moet in die pos gemerk (tag) word. Leerders kan ’n gedig lees, ’n liedjie sing, hul beste danspassies uithaal, kletsrym of hul stories vertel

Hoe word wenners bepaal?

’n Paneel kies drie merkwaardige inskrywings en die finaliste word dan gevra om te laat weet hoe hulle die geld gaan gebruik om ’n stappie nader aan hul droom te kom.

Die algehele wenner kry die kans om te kies wat die prys moet wees – ’n kitaar, ’n rekenaar, ’n kort musiek- of skryfkursus, ens.

Kyk na kompetisie op afrikaans.com se webblad, klik op “Wen”.

You need to be Logged In to leave a comment.