Young Hearts verloor naelbytstryd net-net

Pella se jeugdige span, Young Hearts, het Saterdag 20 Mei daarin geslaag om die sterk Paternoster met 24-20 in ’n Boland SwartWeskus-streekwedstryd te klop.


Pella se jeugdige span, Young Hearts, het Saterdag 20 Mei daarin geslaag om die sterk Paternoster met 24-20 in ’n Boland SwartWeskus-streekwedstryd te klop.

Die span van Paternoster het sterk meegeding in die tweede helfte nadat hulle agter was met 3-19 teen rustyd. Young Hearts het egter in die doodsnikke van die wedstryd op hul tuisveld skitterend verdedig en Paternoster verhoed om hulle te klop nadat hulle met 24-8 voor was met 15 minute se spel op die klok.

Paternoster het aanvallende rugby gespeel in die laaste minute van die wedstryd en 12 punte behaal. Albei spanne se skoppers het egter hul skopskoene tuis vergeet, want maklike straf- en doelskoppe is mis geskop.

Dit het al in die eerste vyf minute van die wedstryd gebeur toe beide kanse verbrou het. Young Hearts het sy rekening oopgemaak in die eerste 15 minute toe die jong Boland o.20-vleuel, Barry Adonis, een van sy twee pragdrieë behaal het. Jade Solomons se doelskop vir een drie was suksesvol.

Solomons het ook twee drieë aangeteken, een in elke helfte, veral die tweede drie was ’n juweel en ook die enigste punte wat Young Hearts in die tweede helfte behaal het.

Quen Appollis was werklikwaar die man van die wedstryd want hy het ’n hand gehad in al vier Young Hearts se drieë.

  • Die manne het Saterdag 27 Mei hartseer teruggekeer van hul wegwedstryd teen Goedverwacht, waar hulle in die doodsnikke met 26-25 geklop is in ’n naelbytstryd. Teen rustyd was Pella voor met 17-12. Hulle tweedes het Goedverwacht 14-0 geklop.

S
Volgende wedstryde is tuis teen Langebaan op 3 Junie en weg teen Coronations op 10 Junie.

Hamlets het Saterdag 20 Mei sy onoorwonne status in die Westelike Provinsie Super Liga B behou toe hulle St. George’s van die Strand met 19-17 geklop het nadat hulle halftyd 12-14 agter was.

Die geeltruie is nou in die tweede posisie op die punteleer en het een wedstryd minder as die voorloper, Villagers, gespeel. Afrigter Gavin Passens, wat ook nou die WP-amateurspan se afrigter is, se span het drie drieë en twee doelskoppe behaal.

Monray Johannes, Albrain Davids en Jody Jacobs het agter die pale gaan kuier terwyl Angelo van Niekerk en Keanon Okkers elk ’n doelskop behaal het. Ander uitslae: tweede span Hamlets 0 – St. George’s 11. Derdespan: 3-5, o.20-span: 19-14.

S
Hamlets is eers weer 10 Junie in aksie wanneer hulle na Somerset-Wes reis om Helderberg te pak. Hulle speel eers 17 Junie tuis wanner hulle Franschhoek ontvang.


Atlantis het weereens die onderspit gedelf in ’n Westelike Provinsie Suidelike Liga-wegwedstryd teen Peninsula op 20 Mei. Die eindtelling was 20-36. Atlantis se tweedes het egter hul wedstryd verspot maklik met 32-22 gewen.

  • Die span het Saterdag 27 Mei van agter gekom en Noordeliks met 30-29 geklop. Rustydtelling was 15-26. Die tweede span het ook hul wedstryd met 41-0 gewen. Die span het tans nie ’n afrigter nie, maar daar word bespiegel dat Fabian Brandt dalk as die nuwe afrigter aangestel gaan word. SSaterdag speel hulle weg teen Rocklands.

Mamre sukkel steeds om aan die gang te kom en ’n oorwinning in die Boland Grootuitdaag SwartWeskus-liga te behaal. Saterdag 20 Mei was hulle agtste nederlaag toe hulle vasgeval het teen Never Despair op Malmesbury. Die eindtelling was 39-20 met ’n halftydtelling van 14-8.

Edwill Okkers (drie, straf- en doelskop) en Adrian Groepies, asook Steve Adams, het elk ’n drie behaal. Mamre se tweedes verloor 29-5 terwyl die derde span ook 29-0 verloor het. Die afrigtingspan sal beslis na die tekenbord terugkeer voor die tweede rondte afskop op 10 Junie.

S
Saterdag 10 Junie speel hulle teen St. Helenabaai en 17 Junie pak hulle vir Velddrif.

You need to be Logged In to leave a comment.