Ywerige stapper Maart se Let’s Play-wenner

Wentsley Merkuur (17), ’n gr. 11-leerder van die Hoër Tegniese Skool Proteus, is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Maart.


Wentsley Merkuur (17), ’n gr. 11-leerder van die Hoër Tegniese Skool Proteus, is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Maart.

Die 10 000 meter stapper het onlangs in die vyfde plek geëindig by die Suid-Afrikaanse Hoërskole-byeenkoms, wat in Durban gehou is.

Hy het as gr. 8-leerder begin stap nadat ’n vriend hom aangemoedig het om dit te probeer. Hy is ook ’n ywerige skaakspeler, maar het dit eers opsy gesit om meer aandag te gee aan sy skoolwerk.

Merkuur vertel hy het sy tegniek van sy afrigter by die Velocity-atletiekklub, Mario Philander, aangeleer.

“Jy kan nie net stap nie, daar is ’n sekere korrekte tegniek wat gebruik moet word. Soos die hak-toon en jou arms moet ’n sekere manier gehou word. Jou knieë moet ook lock wanneer jy stap,” verduidelik hy.

Hy neem omtrent elke maand deel aan ’n wedloop en oefen vier dae per week by Wesfleurpark vir 60 tot 90 minute met sy afrigter, wat ’n spesiale plan vir hom uitgewerk het.

Merkuur sê sy eerste nasionale saamtrek was ’n lekker ervaring. “Ek weet nou wat ek volgende keer moet doen.”

Sy gunstelingvak is siviele tegnologie en ingenieursgrafieke omdat hy na skool argitek wil word. Van een ding is hy ook seker, dat hy eendag sy land en dorp in die Olimpiese Spele wil verteenwoordig.

SSkole en afrigters in Weskus Nuus se verspreidings-area word uitgenooi om hul atlete in te

skryf om in

aanmerking te kom vir die Let’s Play-wenner van die Maand. Die maandwenner se profiel sal in die koerant verskyn en hy/sy ontvang ’n geskenkpak van SuperSport.Aan die einde van die jaar word ’n algehele wenner gekies tydens ’n ete saam met hul ouers, skoolhoofde en afrigters. Verlede jaar se wenner, Roy-Keane du Plessis, ’n gr. 7-leerder van Saxonsea Primêr, het met sowat R2 600 se pryse weggestap.

Stuur ’n kort opsomming van die leerder se prestasies aan Joline.vd Merwe@media24.com of bel 021 572 9090 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.